Arbeidsmakelaars nou in Suid Afrika na wetswysiging van 2015
Die belangrikste wysigings in die arbeidswetgewing, wat sogenaamde arbeidsmakelary vir alle praktiese doeleindes onmoontlik maak, het op 1 Januarie 2015 van krag geword.
Die Wet het wel grasie verleen aan werkgewers tot einde Maart 2015 om dienskontrakte in orde te kry voordat die werkgewers en vakbonde sake daaroor na die KBVA (“CCMA”) kan verwys.
Die mees omstrede wysigings bepaal dat tydelike werkers, kontrakwerkers en werkers wat deur ‘n derde party of makelaar in diens geneem is, na 6 maande in so ‘n verhouding, dieselfde vergoeding en diensvoordele moet kry as permanente werkers.
Die Uitvoerende Direkteur van die KVBA, Me Nerina Kahn, het gese dat daar uitdagings sal wees met kontrakwerkers en deeltydse werkers, maar dat die KVBA in staat is om die verskille tussen die katogoriee te identifiseer en om te bepaal wanneer dit werklik kontrakwerkers is, al dan nie.
Die nuwe artikel 198 (3) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997, soos gewysig, bepaal dat werkers wat meer as 3 maande werk vir ‘n arbeidsmakelaar wat onder die perk betaal word van R205 433,43 per jaar, beskou word as werknemer van die werkgewer (en nie meer van die arbeidsmakelaar nie) wat derhalwe onder nadere besoldiging vereis van die werkgewer.
Twee hofsake verwys hier wat die bepaling ondersteun – Mynsinsiens is die saak van Refilwe Esau Mphirime v Value Logistics Limited / BDM Staffing Proprietary Limited FSRFBC 34922, mees kenmerkend.
Dit dien gemeld te word dat geskrewe diensoreenkomstes tussen werkgewers en arbeidsmakelaars met vrystellingsklousules ten opsigte van registrasie as werkgewers by die Dept van Arbeid en opbetaalde belastinggeregistreerdes by SARS en geregistreerde werkgewers by die Ongevalle Kommesaris, alreeds nie volkome onafhanklikhied bied aan werkgewers nie en met die voormelde wetswysigings inaggenome kan die sogenaamde onafhanklikheid van die werkgewer nie langer voortleef as 3 maande nie.
Die verhouding tussen die arbeidsmakelaar en die werkgewer verskaf nie aan die werkgewer sekerheid van sy sogenaamde onafhanklikheid van die werkers van die arbeidsmakelaar nie of afgesonderheid van die arbeidswetgewing nie.
Die belangrikheid van geldige dienskontrakte, vir die kort en lang termyn word onderstreep.
T B VORSTER & GENOTE
B Comm. (Pret). Hon. B Comm (SA.). MD (Labour Law) (SA) (Reg. SASLAW) (Reg. FEDHASA)