Boer jy te duur?

Die ekonomie druk, die droogte druk en minimum lone gaan vanjaar drasties styg.

Dit is in hierdie tye waar daar weereens in detail gekyk moet word na beplanning en produktiwiteit en ons moet onself die vraag afvra, boer ons nie te duur nie?

Ons ken almal die frustrasies van die knaende 5 minute laat, vermorsing van pakmateriaal, Maandag afwesigheid ens., maar die werksmag in sy geheel weet dit nie. Hulle besef ook nie watter verliese / uitgawes dit tot gevolg het nie.

Verder begryp werkers op die laer vlakke ook nie altyd waarom sekere prosedures en stelsels deur bestuur en die leiersgroep geïmplementeer en gedryf word nie. Hulle moet dus ook bewus gemaak word van die rol van 'n leier, leierskap en die basiese bestuursbeginsels.

Praktika bied nou 'n twee dag werkswinkel vir alle vlakke aan waar die werknemers bewus gemaak word van daaglikse uitgawes (klein jakkalsies) wat dan gekwantifiseer word. Die totale kostes word bereken wat dan die groter prentjie van koste bestuur skets.

Deelnemers kry ook die geleentheid om tydens 'n probleem opleidings sessie oplossings vir die leemtes op te stel wat dan ook as 'n werksdokument vir bestuur kan dien.

Hierdie werkswinkel is reeds met groot welslae aangebied en verandering is reeds sigbaar.

Werknemers ontvang ook 'n sertifikaat vir bywoning vir "Produktiwiteit" na afloop van die werkswinkel.